Tariewe
2026-tariewe per dag
(Gesluit gedurende Augustus)
Chalets (Tipe A)
Kinders onder 2 jaar in eie bababed gratis
| 1-2 persone | 3 persone | 4 persone | 5 persone | 6 persone | |
| Buite Seisoen | R935 | R1 190 | R1 430 | R1 650 | R1 650 |
| Skoolvakansies en langnaweke | R935 | R1 190 | R1 430 | R1 650 | R1 650 |
| Desember-seisoen ( 01/12-14/12 & 03/01-12/01) | R2 000 | R2 000 | R2 000 | R2 000 | R2 000 |
| Desember-seisoen ( 15/12-02/01) | R2 500 | R2 500 | R2 500 | R2 500 | R2 500 |
Chalets (Tipe B)
Kinders onder 2 jaar in eie bababed gratis
| 1-2 persone | 3 persone | 4 persone | 5 persone | 6 persone | |
| Buite Seisoen | R770 | R1 005 | R1 300 | R1 430 | R1 430 |
| Skoolvakansies en langnaweke | R770 | R1 005 | R1 300 | R1 430 | R1 430 |
| Desember-seisoen ( 01/12-14/12 & 03/01-12/01) | R1 560 | R1 560 | R1 560 | R1 560 | R1 560 |
| Desember-seisoen ( 15/12-02/01) | R1 950 | R1 950 | R1 950 | R1 950 | R1 950 |
Kamp
| 1 persoon | 2 persone | 3 persone | 4 persone | 5 persone | 6 persone | |
| Skoolvakansies en langnaweke | R350 | R440 | R535 | R630 | R725 | R820 |
| Desember-seisoen ( 01/12-14/12 & 03/01-12/01) | R896 | R896 | R896 | R896 | R1 016 | R1 136 |
| Desember-seisoen ( 15/12-02/01) | R1 120 | R1 120 | R1 120 | R1 120 | R1 270 | R1 420 |
Lede van die Solidariteit-beweging ontvang 10% afslag (buiten Desember).
Bepalings en voorwaardes: Besprekings, betalings en kansellasies
- Desember-seisoen se besprekings 2026 (1 Desember 2026 – 12 Januarie 2027)
- Kampterreinbesprekings vir 18 nagte en langer open op 01 Januarie 2026.
- Kampterreinbesprekings vir 17 nagte en korter open op 1 Maart 2026.
- Chalet-besprekings vir 14 nagte en langer open op 01 Januarie 2026.
- Chalet-besprekings vir 13 nagte en korter open op 1 Maart 2026.
1.1 Besprekingsfooi:
- ’n Besprekingsfooi van R3 000 vir kampering en R5 000 per chalet ter bevestiging van die Desember-seisoen se bespreking is dadelik betaalbaar om die bespreking te bevestig. Die besprekingsfooi is glad nie terugbetaalbaar nie maar word afgetrek van die totale koste.
1.2 Deposito:
- ’n 50% deposito is betaalbaar binne 30 dae. Die oorblywende balans word bereken nadat die besprekingsfooi afgetrek is.
- Die bespreking word verbeur indien die deposito nie betyds betaal word nie.
1.3 Balans van koste:
- Vir die Desember-seisoen se besprekings is die uitstaande balans betaalbaar teen 1 September op die laatste. Geen verandering op jou bespreking sal ná 1 September toegelaat word nie. Indien jy jou vakansie wil verleng en daar is plek beskikbaar, moet die addisionele dae onmiddellik betaal word wanneer die versoek toegestaan word.
1.4 Kansellasie:
- Indien ‘n Desember-seisoen se bespreking voor 1 September gekanselleer word, sal die deposito terugbetaal word, maar die besprekingsfooi word verbeur.
- Indien ’n Desember-seisoen se bespreking ná 1 September gekanselleer word, word die totale besprekings bedrag verbeur.
2. Besprekings vir die res van die jaar 2026:
2.1 Besprekingsfooi:
- ’n Besprekingsfooi van R500 vir kampering en R1 000 per chalet ter bevestiging van die bespreking is dadelik betaalbaar. Die besprekingsfooi is glad nie terugbetaalbaar nie.
2.3 Balans van koste:
- Die balans is per EFT betaalbaar voor of met aankoms op Bosbokstrand. Geen kaartfasiliteit is beskikbaar nie.
2.4 Kansellasie:
- Die besprekingsfooi is glad nie terugbetaalbaar nie.
2.5 Spesiale aanbod vir langtermynbesprekings buiten Desember-seisoen
- Bespreek vir 10 nagte en betaal slegs vir 9 nagte.


