Tariewe

2024-tariewe per dag

 (Gesluit gedurende Augustus)

Chalet A

Kinders onder 2 jaar in eie baba bed gratis

  2 persone 3 persone 4 persone 5 persone 6 persone
Gedurende die jaar 2024 R800 R1 015 R1 230 R1 445 R1 660
Desember seison 
( 1 Des'24 - 16 Jan '25)
R2 600 R2 600 R2 600 R2 600 R2 600

Chalet B

Kinders onder 2 jaar in eie baba bed gratis

  2 persone 3 persone 4 persone 5 persone 6 persone
Gedurende die jaar 2024 R700 R915 R1 130 R1 345 R1 560
Desember seison 
( 1 Des'24 - 16 Jan '25)
R2 350 R2 350 R2 350 R2 350 R2 350

Kamp

Skoolvakansies en langnaweke 2024 R 220 per staanplek + R80 pppn - maks 6 persone (kinders onder 4 jr. gratis)
Desember seisoen  ( 1 Des'24 - 16 Jan '25) R1 060 per nag vir 1-4 persone + R155 pppn vir 5de en 6de persoon (kinders onder 4 jr. gratis)

Chalet A

Kinders onder 2 jaar in eie baba bed gratis

  1 tot 2 persone 3 persone 4 persone 5 persone 6 persone
Gedurende die jaar 2024 R800 R1 015 R1 230 R1 445 R1 660
Desember seisoen 
( 1 Des'24 - 16 Jan '25)
R2 600 R2 600 R2 600 R2 600 R2 600

Chalet B

Kinders onder 2 jaar in eie baba bed gratis

  1 tot 2 persone 3 persone 4 persone 5 persone 6 persone
Gedurende die jaar 2024 R700 R915 R1 130 R1 345 R1 560
Desember seisoen  
( 1 Des'24 - 16 Jan '25)
R2 350 R2 350 R2 350 R2 350 R2 350

Kamp

  1 persoon 2 persone 3 persone 4 persone 5 persone 6 persone
Skoolvakansie en langnaweke R300 R380 R460 R540 R620 R700
Desember seisoen 
( 1 Des'24 - 16 Jan '25)
R1060 R1060 R1060 R1060 R1215 R1370

Bepalings en voorwaardes: Besprekings, betalings en kansellasies

  1. Desember-seisoen se besprekings 2024 (1 Desember 2024 – 10 Januarie 2025)
  • Kampterreinbesprekings vir 18 nagte en langer open op 29 Januarie 2024.
  • Kampterreinbesprekings vir 17 nagte en korter open op 1 Maart 2024.
  • Chalet-besprekings vir 14 nagte en langer open op 29 Januarie 2024.
  • Chalet-besprekings vir 13 nagte en korter open op 1 Maart 2024.

 

1.1 Besprekingsfooi:

  • ’n Besprekingsfooi van R3 000 vir kampering en R5 000 per chalet ter bevestiging van die Desember-seisoen se bespreking is dadelik betaalbaar om die bespreking te bevestig. Die besprekingsfooi is glad nie terugbetaalbaar nie maar word afgetrek van die totale koste.

 

1.2 Deposito:

  • 50%-deposito van die totale koste is betaalbaar een maand nadat bevestiging van die bespreking gestuur is.
  • Die bespreking word verbeur indien die deposito nie betyds betaal word nie.

 

1.3 Balans van koste:

  • Vir die Desember-seisoen se besprekings is die uitstaande balans betaalbaar teen 1 September op die laatste. Geen verandering op jou bespreking sal ná 1 September toegelaat word nie. Indien jy jou vakansie wil verleng en daar is plek beskikbaar, moet die addisionele dae onmiddellik betaal word wanneer die versoek toegestaan word.

 

1.4 Kansellasie:

  • Indien ‘n Desember-seisoen se bespreking voor 1 September gekanselleer word, sal die deposito terugbetaal word, maar die besprekingsfooi word verbeur.
  • Indien ’n Desember-seisoen se bespreking ná 1 September gekanselleer word, word die totale besprekings bedrag verbeur.

 

 

  1. Besprekings vir die res van die jaar 2024:

 

2.1 Besprekingsfooi:

  • ’n Besprekingsfooi van R500 vir kampering en R1 000 per chalet ter bevestiging van die bespreking is dadelik betaalbaar. Die besprekingsfooi is glad nie terugbetaalbaar nie.

 

2.2 Deposito:

  • 50% van die totale koste is ’n maand voor die aankomsdatum betaalbaar.
  • Die bespreking word verbeur indien die deposito nie betyds betaal word nie.

 

2.3 Balans van koste:

  • Die balans is per EFT of kontant betaalbaar voor of met aankoms op Bosbokstrand. Geen kaartfasiliteit is beskikbaar nie.

 

2.4 Kansellasie:

  • Indien die bespreking ’n maand voor aankoms gekanselleer word, sal die deposito terugbetaal word, maar die besprekingsfooi word verbeur.
  • Indien ’n bespreking binne ʼn maand voor die aankomsdatum gekanselleer word, word die deposito verbeur.