Tariewe

2026-tariewe per dag 

(Gesluit gedurende Augustus)

Chalets (Tipe A)
Kinders onder 2 jaar in eie bababed gratis

1-2 persone3 persone4 persone5 persone6 persone
Buite SeisoenR935R1 190R1 430R1 650R1 650
Skoolvakansies en langnawekeR935R1 190R1 430R1 650R1 650
Desember-seisoen  
( 01/12-14/12 & 03/01-12/01)
R2 000R2 000R2 000R2 000R2 000
Desember-seisoen  
( 15/12-02/01)
R2 500R2 500R2 500R2 500R2 500

Chalets (Tipe B)
Kinders onder 2 jaar in eie bababed gratis

1-2 persone3 persone4 persone5 persone6 persone
Buite SeisoenR770R1 005R1 300R1 430R1 430
Skoolvakansies en langnawekeR770R1 005R1 300R1 430R1 430
Desember-seisoen  
( 01/12-14/12 & 03/01-12/01)
R1 560R1 560R1 560R1 560R1 560
Desember-seisoen  
( 15/12-02/01)
R1 950R1 950R1 950R1 950R1 950

Kamp

1 persoon2 persone3 persone4 persone5 persone6 persone
Skoolvakansies en langnawekeR350R440R535R630R725R820
Desember-seisoen  
( 01/12-14/12 & 03/01-12/01)
R896R896R896R896R1 016R1 136
Desember-seisoen  
( 15/12-02/01)
R1 120R1 120R1 120R1 120R1 270R1 420

Lede van die Solidariteit-beweging ontvang 10% afslag (buiten Desember).

Bepalings en voorwaardes: Besprekings, betalings en kansellasies

  1. Desember-seisoen se besprekings 2026 (1 Desember 2026 – 12 Januarie 2027) 
  • Kampterreinbesprekings vir 18 nagte en langer open op 01 Januarie 2026.
  • Kampterreinbesprekings vir 17 nagte en korter open op 1 Maart 2026. 
  • Chalet-besprekings vir 14 nagte en langer open op 01 Januarie 2026.
  • Chalet-besprekings vir 13 nagte en korter open op 1 Maart 2026. 

1.1 Besprekingsfooi: 

  • ’n Besprekingsfooi van R3 000 vir kampering en R5 000 per chalet ter bevestiging van die Desember-seisoen se bespreking is dadelik betaalbaar om die bespreking te bevestig. Die besprekingsfooi is glad nie terugbetaalbaar nie maar word afgetrek van die totale koste. 

1.2 Deposito: 

  • ’n 50% deposito is betaalbaar binne 30 dae. Die oorblywende balans word bereken nadat die besprekingsfooi afgetrek is.
  • Die bespreking word verbeur indien die deposito nie betyds betaal word nie. 

1.3 Balans van koste: 

  • Vir die Desember-seisoen se besprekings is die uitstaande balans betaalbaar teen 1 September op die laatste. Geen verandering op jou bespreking sal ná 1 September toegelaat word nie. Indien jy jou vakansie wil verleng en daar is plek beskikbaar, moet die addisionele dae onmiddellik betaal word wanneer die versoek toegestaan word. 

1.4 Kansellasie: 

  • Indien ‘n Desember-seisoen se bespreking voor 1 September gekanselleer word, sal die deposito terugbetaal word, maar die besprekingsfooi word verbeur. 
  • Indien ’n Desember-seisoen se bespreking ná 1 September gekanselleer word, word die totale besprekings bedrag verbeur. 

 2.   Besprekings vir die res van die jaar 2026: 

2.1 Besprekingsfooi: 

  • ’n Besprekingsfooi van R500 vir kampering en R1 000 per chalet ter bevestiging van die bespreking is dadelik betaalbaar. Die besprekingsfooi is glad nie terugbetaalbaar nie. 

2.3 Balans van koste: 

  • Die balans is per EFT betaalbaar voor of met aankoms op Bosbokstrand. Geen kaartfasiliteit is beskikbaar nie. 

2.4 Kansellasie: 

  • Die besprekingsfooi is glad nie terugbetaalbaar nie.

 2.5 Spesiale aanbod vir langtermynbesprekings buiten Desember-seisoen 

  • Bespreek vir 10 nagte en betaal slegs vir 9 nagte.