Wild besigtiging

Meer as 12 bokspesies, wat kameelperde en sebras insluit, kom in die natuurreservaat se ongerepte bosse en klowe voor – meer inligting beskikbaar by die kantoor.

Lees

Bosbokstrand het sy eie klein biblioteek waar vakansiegangers boeke kan uitneem. Jy kan ook boeke skenk.

Stap

Vir stappers is daar asemrowende staproetes wat deur ongerepte bosse en klowe loop. Jy kan ook 8km strandlangs na Haga Haga, of 9 km na Cintsa stap.

Kerkdienste

In die Desembervakansie word kerkdienste op Sondae, asook op Kersdag gehou.

Tennis

Toegang tot die (informele) tennisbaan is gratis. Bring eie tennisrakette en -balle saam.

Vlugbal

Daar is vlugbalnet. Bring net ʼn bal saam.

Kinderprogram

Enkele aktiwiteite word van tyd tot tyd vir kinders gedurende Desember aangebied.

Kuier

Kuier is deel van vakansiehou by Bosbokstrand. Hier in ons kampterrein het baie vakansiegangers oor die jare al familie geword.

Rus

By Bosbokstrand skud ons die stad se stof af, sit terug en ontspan. Hier kry jy letterlik rus vir jou siel.

Voëlkyk

Bosbokstrand is ʼn voëlkykparadys met meer as 240 voëlspesies wat daar voorkom. Boskraaie, knysnaloeries, Mahemme, Sekretarisvoël, Bromvoël, Kroonarend, Natalse janfrederikke en ander bekende voëls van die Oos-Kaapse woude word  gereeld gesien. Knysnaspegte en die gryskopspegte is gereelde kampbesoekers.  

Klik hier vir ‘n voëllys wat julle kan waarneem op bosbokstrand

Hengel

Bosbokstrand is ʼn hengelparadys en as jy ernstig is oor hengel, is dit net die plek vir jou. Hier kan hengelaars hengel in sy volle verskeidenheid geniet. Talle spesies kom voor wat meer as genoeg uitdaging vir die hengelaar bied.
Baie belangrik: Maak asseblief seker dat jy jou hengelpermit het.

Groot skaakstel en dambord

Die speelparkie het ‘n  groot buitelug-skaakstel en dambord.