Oor Bosbokstrand
Bosbokstrand is ʼn privaat natuurreservaat aan die Oos-Kaapse Wildekus. Hierdie idilliese reservaat word omvou in ʼn baai tussen Haga-Haga en Cintsa en is ongeveer 70 km vanaf Oos-Londen. Die laaste 15km is ‘n grondpad.
Die strand is plek-plek met rotsbanke beklee en strek etlike kilometer ver. Dit is ʼn ware hengelparadys. Verder bied ʼn strandmeer veilige swemplek vir jou en jou kroos en vir die avontuurlustiges is daar asemrowende staproetes wat deur ongerepte bosse en klowe loop. Meer as 240 voëlspesies en 12 bokspesies, wat kameelperde en sebras insluit, kom daar voor. Bosbokstrand is ʼn lieflike kusvakansie-bestemming en is die perfekte plek om te gaan afskakel, jou batterye te herlaai en te ontspan.
Vir die afgelope paar dekades was dit die doel van hierdie natuurreservaat om die ongerepte natuurerfenis wat onder sy beheer val, te beskerm en te bewaar en om ʼn ontspanningstuiste vir lede van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap te bied. Dit is die Solidariteit Beweging se voorneme en hy verbind hom daartoe om hierdie doel te laat voortleef en om dit verder uit te bou binne die selfdoen kultuur van die Solidariteit Beweging.
As jy moeg is vir ʼn besige, gejaagde lewe is hierdie asemrowende strand met sy rotse wat hom toevou, groot skulpe en pragtige sonsondergange die ideale plek vir jou.
Gereelde vrae
Belangrike reëls
- Geen groepe word toegelaat nie.
- Geen dagbesoekers nie.
- Geen motorfietse, motorbote of viertrekmotorfietse
toegelaat nie. - Geen gejaag met fietse op die terrein nie.
- Geen fietse ná donker nie.
- Skoonmaak van vis moet op die strand geskied en aas
moet reukvry verpak word. - Die gebruik van vuurwapens word verbied en die besit van
vuurwapens moet by aankoms verklaar word. - Geen troeteldiere word toegelaat nie.
- Geen oornagverblyf in voertuie of op enige ander wyse as
wat voorgeskryf is, sal toegelaat word nie. - Geen tente word tussen chalets toegelaat nie.
- Vure mag slegs op voorgeskrewe plekke gemaak word en
moet onmiddellik ná gebruik geblus word. - Geen klappers, vuurwerke, of Chinese lanterns mag op die
terrein of op die strand afgevuur word nie. - Geen vure mag op die strand gemaak word nie.
- Diere en plantegroei mag nie bedreig, beskadig of
verwyder word nie. - Geen drankmisbruik, onwelvoeglike taal of luide musiek sal
op die terrein toegelaat word nie. - Hommeltuie mag nie oor die eiendom gevlieg word nie.
- Aankomtyd is vanaf 14:00.
- Vertrektyd in die Desemberseisoen is voor 09:00.
- Absolute stilte moet vanaf 22:00 tot 07:00 gehandhaaf
word.
LET WEL
Persone wat hulle skuldig maak aan die verontagsaming van bogenoemde reëls sal versoek word om die terrein onmiddellik te verlaat.
Vir die afgelope paar dekades was dit die doel van hierdie natuurreservaat om die ongerepte natuurerfenis wat onder sy beheer val, te beskerm en te bewaar en om ʼn ontspanningstuiste vir lede van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap te bied. Dit is die Solidariteit Beweging se voorneme en hy verbind hom daartoe om hierdie doel te laat voortleef en om dit verder uit te bou.
As jy moeg is vir ʼn besige, gejaagde lewe is hierdie asemrowende strand met sy rotse wat hom toevou, groot skulpe en pragtige sonsondergange die ideale plek vir jou.
SKADE EN AANSPREEKLIKHEID
Besoek aan Bosbokstrand geskied op eie risiko.
Die eienaar of enige persoon werksaam op die terrein, aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlies of beskadiging van goedere, diefstal, ongelukke of beserings nie.


