Hengel

Bosbokstrand is ʼn hengelparadys en as jy ernstig is oor hengel, is dit net die plek vir jou. Hier kan hengelaars hengel in sy volle verskeidenheid geniet. Talle spesies kom voor wat meer as genoeg uitdaging vir die hengelaar bied.

“Bronze bream”, silwersteenbras (witbiskop), witsteenbras en kolstert kom tussen die rotse en by die riwwe voor. Hul grootte en smaak maak van die vis ʼn gesogte vangs. Wildeperd (oftewel “zebra”) byt wanneer die water naby die rotse lekker koud is. Dié vis is rats en sterk en dit verg vaardigheid en geduld om een van hulle in te katrol. Sandhaaie en kabeljou is volop net agter die branderlyn. Selfs sloephaaie (skerptand-hondhaaie) is een van die uitdagings vir Bosbokstrand-hengelaars omdat hulle daarvoor bekend is dat hulle sulke kwaai weerstand bied.

Ander spesies wat by Bosbokstrand voorkom, sluit in stompneus, heuningkoekpylsterte, pylstert, bulrog, galjoen, elf en janbruin, maar laasgenoemde word selde gevang.

As die vis gebyt het, is daar niks lekkerder as ʼn vissie op die kole nie.

Doen navraag

Bosbok Navrae
Onderskei asseblief met 'n hakkie ()
Indien daar nog nie 'n nommer aan jou geallokeer is nie, kontak die kantoor by 043 841 1644