Bosbokstrand is ʼn voëlkykparadys met meer as 240 voëlspesies wat daar voorkom. Boskraaie, knysnaloeries, mahemme, lawaaimakerjanfrederikke, Natalse janfrederikke en ander bekende voëls van die Oos-Kaapse woude word gereeld gesien. Knysnaspegte en die gryskopspegte is gereelde kampbesoekers.