Welkom by Bosbokstrand

Bosbokstrand is ‘n privaat natuurreservaat aan die Oos-Kaapse Wildekus en is deel van die Solidariteit Beweging.

Die strand is plek-plek met rotsbanke beklee en strek etlike kilometer ver. Dit is ʼn ware hengelparadys. Verder bied ʼn strandmeer veilige swemplek vir jou en jou kroos en vir die avontuurlustiges is daar asemrowende staproetes wat deur ongerepte bosse en klowe loop. Meer as 240 voëlspesies en 12 bokspesies, wat kameelperde en sebras insluit, kom daar voor. Bosbokstrand is ʼn lieflike kusvakansie-bestemming en is die perfekte plek om te gaan afskakel, jou batterye te herlaai en te ontspan.