VISVANGKOMPETISIE BY BOSBOKSTRAND: JULIE IS VISVANG TYD!

Die skoolvakansie van 27 Junie tot 20 Julie bied die ideale geleentheid vir groot vangste, vars seelug en gesonde kompetisie!

Kom neem deel aan Bosbokstrand se opwindende visvangkompetisie wat oor vier tydperke plaasvind:

  • Maandag 29 Junie tot Vrydag 3 Julie
  • Saterdag 4 Julie tot Woensdag 8 Julie
  • Donderdag 9 Julie tot Maandag 13 Julie
  • Dinsdag 14 Julie tot Saterdag, 18 Julie

Elke tydperk se wenner ontvang ’n verwerkte blesbok in ’n koelhouer.Die wenner is die deelnemer wat die meeste (in lengte) eetbare vis oor ’n vierdagtydperk vang.

Die lengte van die vis word volgens ’n lengtekaart bepaal; die vis word dus gemeet en nie geweeg nie.

Hoofkompetisiepryse:

Prys: 4 x verwerkte blesbokke (een bok per wenner).

NOTA: Vier blesbokke is op die spel: een per tydperk. Die wenner van elke tydperk ontvang ’n verwerkte blesbok in ’n koelhouer.Deelnemers het vier kanse om te wen, maar mag slegs een keer ’n prys ontvang.
 

REËLS

  • Elke deelnemer moet ’n vrywaringsvorm teken.
  • Elke deelnemer ontvang ’n maatband, sosatiestokkies en ’n inskrywingskaart.
  • Vis moet onmiddellik ná vangs by bek en stert gemeet word met sosatiestokkies, soos deur beoordelaar verduidelik.
  • Indien ’n beoordelaar nie beskikbaar is nie, moet die vis self gemeet en afgeneem word, met die inskrywingskaart duidelik sigbaar op dieselfde foto.
  • Kompetisie-ure: 07:00 tot 15:00
  • Elke deelnemer mag slegs een visstok hê.
  • Geen hommeltuie of drop shots word toegelaat nie.
  • Geen geurmiddels of kunsmatige aas mag gebruik word nie.
  • ’n Deelnemer (of gesinsgroep) kan slegs een keer wen.

Wenners word die aand na afloop van elke tydperk aangekondig.
Spesiale pryse word ook vir vroue en kinders toegeken.

Meting van vis:

  • Sosatiestokkies word by die bek en stert van die vis geplaas.
  • Die vis word dan gemeet soos deur die beoordelaar bepaal.

Die lengte van die vis word volgens ’n lengtekaart bepaal; die vis word dus gemeet en nie geweeg nie

Beoordelaar: Andre Small

Indien geen beoordelaar beskikbaar is nie:

  • Meet die vis self.
  • Neem ’n foto met die inskrywingskaart duidelik sigbaar in dieselfde foto.

Deelnemers (insluitend gesinne) kan slegs een keer wen.

Wenners word die aand ná elke tydperk aangekondig.

KOM GENIET SAAM!

Bring jou familie en vriende, geniet die see en toets jou visvangvaardighede.

BELANGRIK

  • Geldige hengelpermitte is verpligtend.

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Naam en van*
Merk vir watter tydperk jy inskryf:*

Laai hier die vrywaringsvorms af.