Welkom by Bosbokstrand

Bosbokstrand is ‘n privaat natuurreservaat aan die Oos-Kaapse Wildekus en is deel van die Solidariteit Beweging.

Lees meer

Ontspan in hierdie pragtige en vriendelike omgewing

As jy moeg is vir ʼn besige, gejaagde lewe is hierdie asemrowende strand met sy rotse wat hom toevou, groot skulpe en pragtige sonsondergange die ideale plek vir jou.

Lees meer

‘n Gesinsgeoriënteerde kampeerplek wat mense teruglok

Bosbokstrand is ʼn lieflike kusvakansie-bestemming en is die perfekte plek om te gaan afskakel, jou batterye te herlaai en te ontspan.

Required fields are followed by *





Oor Bosbokstrand

Bosbokstrand is ʼn privaat natuurreservaat aan die Oos-Kaapse Wildekus. Hierdie idilliese reservaat word omvou in ʼn baai tussen Haga-Haga en Cintsa en is ongeveer 70 km vanaf Oos-Londen. Die laaste 15km is ‘n grondpad. 

Die strand is plek-plek met rotsbanke beklee en strek etlike kilometer ver. Dit is ʼn ware hengelparadys. Verder bied ʼn strandmeer veilige swemplek vir jou en jou kroos en vir die avontuurlustiges is daar asemrowende staproetes wat deur ongerepte bosse en klowe loop. Meer as 240 voëlspesies en 12 bokspesies, wat kameelperde en sebras insluit, kom daar voor. Bosbokstrand is ʼn lieflike kusvakansie-bestemming en is die perfekte plek om te gaan afskakel, jou batterye te herlaai en te ontspan.

GERIEWE

ʼn Speelparkie

Die speelparkie is langsaan die karavaanpark geleë en bestaan uit ʼn klimraam, ʼn wipplank, swaaie en ʼn groot buitelug-skaakstel.

ʼn Tennisbaan

Toegang tot die tennisbaan is gratis. Bring eie tennisrakette en -balle saam.

ʼn Vlugbalbaan

Die vlugbalbaan is toegerus met ʼn net. Bring jou eie bal saam.

Biblioteek

Bosbokstrand het sy eie klein biblioteek waar vakansiegangers boeke kan uitneem. Jy kan ook boeke skenk en ons help om ons aanbod uit te brei.

ʼn Snoepie

Die snoepie verkoop slegs lekkergoed, koeldrank en roomys. Die naaste winkel is in Haga-Haga wat ongeveer 10 km van Bosbokstrand af is.

ʼn Wassery

Daar is ʼn wassery met wasmasjiene en tuimeldroërs en dit is gerieflik geleë in die karavaanpark. Die masjiene gebruik R5-muntstukke en kleingeld is by die kantoor beskikbaar.

Beperkte vriesgeriewe

Daar is beperkte vriesgeriewe beskikbaar vir vakansiegangers. ‘n Spesiale sakkie is daarvoor beskikbaar by die kantoor.

Akkommodasie en Kostes

CHALET A

Chalet A bestaan uit twee slaapkamers, ʼn sit-/eetkamer met ʼn slaapbank en lugversorger, ‘n goed toegeruste kombuis en een badkamer met ‘n stortbad. Daar is ‘n onderdak stoep en ‘n geboude braaiplek op die grasperk. ‘n Maksimum van 6 persone word toegelaat.

Besonderhede

  • Gaste: 6
  • Amenities: BraaierKombuisLugversorgingStortbad

Pryse begin by: R800 per nag

CHALET B

Chalet B bestaan uit twee slaapkamers,  ʼn sit-/eetkamer met ʼn slaapbank en ‘n waaier, ‘n goed toegeruste kombuis en een badkamer met ‘n bad. Daar is ‘n onderdak stoep en ‘n geboude braaiplek op die grasperk. ‘n Maksimum van 6 persone word toegelaat. Gesluit gedurende Augustus. Twee slaapkamers. Huisves ʼn maksimum van ses persone ʼn […]

Besonderhede

  • Gaste: 6
  • Amenities: BadBraaierKombuisWaaier

Pryse begin by: R700 per nag

KAMP

Lieflike ruim gras- en skadukampplekke in ‘n rustige kampterrein met ʼn gesinsfokus. Elke staanplek het ‘n krag-en waterpunt en daar is ʼn groot en skoon ablusieblok met ʼn wassery. Geen braaiers word voorsien nie. ʼn Maksimum van ses persone word per staanplek toegelaat. Die laaste 15km tot by die Natuurreservaat is grondpad wat goed onderhou […]

Besonderhede

  • Gaste: 6
  • Amenities: KragpuntWaterpunt

Pryse begin by: R380 per nag

50

Kampeerplekke

15

Selfsorg-chalets

Aktiwiteite

Wild besigtiging

Meer as 12 bokspesies, wat kameelperde en sebras insluit, kom in die natuurreservaat se ongerepte bosse en klowe voor.

Lees meer

Lees

Bosbokstrand het sy eie klein biblioteek waar vakansiegangers boeke kan uitneem.

Lees meer

Tennis

Toegang tot die tennisbaan is gratis. Bring eie tennisrakette en -balle saam.

Lees meer

Rus

By Bosbokstrand skud ons die stad se stof af, sit terug en ontspan.

Lees meer

Stap

Vir stappers is daar asemrowende staproetes wat deur ongerepte bosse en klowe loop.

Lees meer

Hengel

Bosbokstrand is ʼn hengelparadys en as jy ernstig is oor hengel, is dit net die plek vir jou.

Lees meer

Begeleide 4×4 roete

Wild besigtiging

Lees

Kerkdienste

Tennis

Vlugbal

Kinderprogram

Kuier

Rus

Stap

Voëlkyk

Hengel

Ons wag vir jou

S32°46.122’E028°11.826’
043 841 1644
082 951 4747 (Slegs SMS’e)
navrae@bosbokstrand.co.za
bosbokstrand@gmail.com